Mons

Hierdie artikel handel oor die Belgiese stad in Wallonië.
Vir nedersettings in Frankryk en ander betekenisse, sien gerus Mons (dubbelsinnigheid).

Mons
Bergen

Kaart Wapen
Vlag
 Land België
 Gewes (deelstaat) Wallonië
 Koördinate 50°27′N 3°57′O / 50.450°N 3.950°O / 50.450; 3.950
 Stigting Romeinse castrum
 Oppervlakte:  
 - Totaal 146,53 vk km
 Hoogte bo seevlak - m bo seespieël
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2017) 94 957
 - Bevolkingsdigtheid 648/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Elio Di Rupo (PS)
 Amptelike Webwerf mons.be

Mons ook bekend as Bergen[1] in Afrikaans (Pikardies: Mon, Wallonies: Mont, Duits: Bergen (verouderd), Nederlands: Bergen) is die hoofstad, handel- en kulturele sentrum van die Belgiese provinsie Hainaut (Wallonië).

Sedert 31 Maart 1967 huisves Mons ook die Militêre Hoofkwartier van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), SHAPE (Supreme Headquarters Allied Powers Europe).

Die stad het sy naam te danke aan die geografiese ligging en is oorspronklik op een van die vyf heuwels in die riviervlakte van die Haine gestig. In die tydperk tussen die 9de en die 15de eeu was Mons die setel van die grawe van Hainaut. Mons lê digby die Franse grens in die Borinage, die voormalige sentrum van die steenkoolmynbou in België, en word deur middel van kanale met die Schelderivier en die kanaal van Brussel-Charleroi verbind.

  1. Afrikaanse Kinderensiklopedie (1959) Deel IX bladsy 3988

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search